fotoalbums
kontak ons

Insake: Advertensieborde

Dankie vir u belangstelling om betrokke te wees by Laerskool Saamtrek op hierdie wyse.

Die borde wat vir die eerste keer ontwerp en vervaardig word se koste beloop, R 5000.00.  Die grootte van die bord is 2,460 m x 1,230 m.  Die advertensie sal dan vir ‘n tydperk van een jaar vertoon word.  Indien u na die jaar besluit om u advertensie vir nog ‘n jaar te vertoon sal daar ‘n koste van R 3000.00 per jaar wees.
Wanneer u besluit om te adverteer kan u die gelde inbetaal per internet of kontant by die skool.  Indien u per internet betaal moet u asb. gebruikmaak van die verwysing: adv (u maatskappy of besigheidsnaam).  U moet asb. met ‘n internetbetaling ‘n bewys van betaling faks na die skool ter bevestiging. Die faksnommer is 018 462 4153.  Laasgenoemde vergemaklik kontrole.
Die bankbesonderhede vir internetbetalings kan by die skool verkry word.
Die werkswyse rakende die advertensiebord is dan as volg.  Executive Signs is die besigheid wat die ontwerp, vervaardiging en opsit van die bord sal hanteer.  Wanneer u betaling bevestig is sal ‘n verteenwoordiger van executive signs u kontak.  Die persoon hanteer alle administrasie vanaf die ontwerp tot die vassit van die bord.

Ons is opgewonde oor u betrokkenheid by ons skool.

Indien u verdere navrae het kan u gerus mnr. P.J. Visagie kontak by die skool.
Tel: (018) 4624231

Dankie