Gholf is ‘n baie aktiewe sportsoort by Laerskool Saamtrek wat deur beginners sowel as gevorderde spelers beoefen word. Ons het drie proewe rondes deur die jaar om seker te maak dat die spanne wel korrek uiteengesit word. In die tweede kwartaal neem ons aan die Noordwes been van die Ernie Els Gholf Laerskole toernooi deel. In die derde kwartaal vind die Nasionale Ernie Els toernooi plaas. In die derde en vierde kwartaal neem ons in die Noordwes-liga en Super 12 toernooie deel. Saamtrek lewer elke jaar talle Noordwes spelers op. Ons gholfakademie bied afrigting vir junior en senior spelers.