Sport

Laerskool Saamtrek bied verskeie sportsoorte aan en neem op liga en provinsiale vlak deel. Ons neem ook aan die Super 12-reeks deel.

Hokkie & Mini-Hokkie

Hokkie & Mini-Hokkie

Laerskool Saamtrek het ‘n Hokkie-akademie onder leiding van Mnr. Dallas Noble wat fokus op die ontwikkeling van graad R tot graad 3 spelers. Die akademie is die hele jaar aktief en die spelers neem in die derde kwartaal aan toernoeie deel. Van vroeg af leer ons maats van balbeheer, stokwerk, baanplasing en die belangrikste – om die sport te geniet!
Ons senior spanne neem elke jaar aan die Nordwes-liga deel wat in die die derde kwartaal plaasvind. Ons het drie liga-spanne, nl. Dogters 0/13A, Dogters 0/13B en Seuns 0/13A. Ons spelers neem jaarliks aan die individuele Noordwes proewe deel en ons het gereeld spelers in Noordwes-spanne.

Organiseerders

IMG_8565
Me. Karen Steenkamp