Samies landloop skitter en ons is baie trots op ons atlete wat puik presteer op nasionale vlak. Laerskool Saamtrek is baie trots op Rubin Essakow wat tydens die ACNW se jaarlikse atletiek-toekennings vir 2021 as Laerskole Landloop Atleet van die Jaar aangewys is. Rubin verwerf die toekenning op grond van sy eerste plek wat hy behaal het tydens die S.A. Landloop Kampioenskappe in 2021. Ons landloopseisoen skop af in die tweede kwartaal met oefening, verskeie liga’s en die S.A. Kampioenskappe in September van elke jaar. Ons neem ook jaarliks in spanverband deel aan die Super 12 by Konka te Rustenburg. Die landloop is baie goeie voorbereiding vir die atletiekseisoen wat in Augustus begin. By Samies landloop kry elke atleet die geleentheid om individueel en in spanverband sy staal te wys. Alle graad 1 tot graad 7 leerders is welkom om by ons langasems aan te sluit!