Sport

Laerskool Saamtrek bied verskeie sportsoorte aan en neem op liga en provinsiale vlak deel. Ons neem ook aan die Super 12-reeks deel.

Netbal en Mini-Netbal

Netbal en Mini-Netbal

By Laerskool Saamtrek word netbal met passie afgerig en daardeur presteer ons spanne tot op die hoogste vlak. Ons spelers presteer op individuele vlak deur Noordwes-spanne te haal en ons spog jaarliks met verskeie spelers wat ons skool se naam hoog hou. Ons bied jaarliks ‘n sessie met afrigters van die Noordwes Universiteit aan wat ons spanne aan die nuutste vaardighede blootstel. Ons speel in die Noordwes A-liga en ons presteer baie goed.
Mini-netbal word aangebied vir leerlinge van graad 1 tot graad 3. Dogters kry die geleentheid om op ‘n informele wyse blootgestel te word aan netbal. Ons poog om vier spanne saam te stel en hulle neem aan vriendskaplike wedstryde deel.
Alhoewel ons 0/9-spanne ook nog mini-netbal speel, stel ons hulle bloot aan vriendskaplike wedstryde saam met die liga-spanne.
Vanaf 0/10 neem ons aan die Noordwes-liga en die Super 12-reeks deel. Ons 0/11- tot 0/13-spanne kan deurdring na die Noordwes-kampioenskappe. Vanaf 0/12 kan dogters aan die Noordwes- proewe deelneem en in die onderskeie Noordwes-spanne opgeneem word.

Organiseerders

IMG_8536
Me. Daneska Nel