Rugby lê vir ons by Laerskool Saamtrek baie na aan die hart. Saamtrek is ‘n skool met ‘n ryke rugbytradisie en geskiedenis. Ons is baie trots daarop dat ons op interprovinsiale vlak aan die Super 12 deelneem, sowel as aan die Luiperds Grootskole-liga. Laerskool Saamtrek neem verder ook deel aan Welpie-rugby en beskik ook oor verskeie 0/6-, 0/7- en 0/8-spanne.
Die doelstellings van rugby by Laerskool Saamtrek is:
- Om by elke seun die liefde vir die spel rugby te kweek.
- Om leerders se vaardighede en potensiaal t.o.v. rugby te ontwikkel.
- Om goeie sportmangees te ontwikkel by die spelers.
- Om gebalanseerde sportmanne te ontwikkel.
- Om rugby op ‘n volgehoue hoë standaard af te rig.
Samies-rugby is TOPS!