Skaak is ‘n wonderlike sport waar u kind leer om te dink, vooruit te beplan en om strategies te redeneer. Skaak versterk u kind se geheue en wiskundige vermoëns. Hier by Laerskool Saamtrek stel ons die kinders van Gr.R af bloot aan skaak en klasse is gebasseer op die kind se vaardigheid. Ons Samies ontvang professionele afrigting van mnr. Janus Labuschagne en dit geskied op Maandae en Woensdae.
Laerskool Saamtrek neem in Mei-maand aan die Super 12-reeks deel en in die tweede en derde kwartaal aan liga-wedstryde.