Redenaars is een van Laerskool Saamtrek se kultuur aktiwiteite waar ons gladdebekkies prestasies laat instroom.
Ons redenaars neem aan verskeie kompetisies deel soos:
- Super 12-Redenaars: Ons Samies haal elke jaar die finaal in hulle onderskeie kategorieë, waar ons ook al ‘n wenner opgelewer het. Ons spanredenaars is ook al aangewys as naaswenners van hierdie kompetisie.
- ATKV: Hier bewys ons onsself as van Klerskdorp se beste raakpraters. Laerskool Saamtrek het altyd redenaars wat deudring na die landswye finaal, voorwaar ‘n groot prestasie.
- Radikale Redenaars: Ons leerlinge neem ywerig deel en maak ons baie trots.
By Laerskool Saamtrek streef ons daarna om ons leerlinge aan te moedig om deur met woorde te toor, hulle gehoor te oortuig. Ons fokus hier ook op die skryfproses van onvoorbereide toesprake, waar die leerlinge die vaardigheid aanleer om self standpunt in te neem. So kweek ons naruurlike leiers wat sonder enige vrees hulle woord met gemak kan doen.