Laerskool Saamtrek bied ‘n verskeidenheid kultuur aktiwiteite aan.
Laerskool Saamtrek bied verskeie sportsoorte aan en neem op liga en provinsiale vlak deel. Ons neem ook aan die Super 12-reeks deel.
Redenaars is een van Laerskool Saamtrek se kultuur aktiwiteite waar ons gladdebekkies prestasies laat instroom.
Ons redenaars neem aan verskeie kompetisies deel soos:
By Laerskool Saamtrek streef ons daarna om ons leerlinge aan te moedig om deur met woorde te toor, hulle gehoor te oortuig. Ons fokus hier ook op die skryfproses van onvoorbereide toesprake, waar die leerlinge die vaardigheid aanleer om self standpunt in te neem. So kweek ons naruurlike leiers wat sonder enige vrees hulle woord met gemak kan doen.
Me. Eslé du Plooy
S-P-E-L-A-T-H-O-N. Om te kan spel is ‘n vaardigheid wat leerders ver in die lewe kan bring. Met ATKV-Spelathon word leerders aangespoor om baie meer aandag aan die gebruik van Afrikaans te gee en nie net SMS-taal te gebruik nie.
Daar word afgeskop met ‘n uitklop ronde waar die wenners in die junior en senior groepe geskies word. Die leerders verteenwoordig Laerskool Saamtrek by die Provinsiale ATKV- Spelathon wat gewoonlik begin Augustus en die Nasionale ATKV-Spelathon wat Oktober plaasgevind. Ons spog met leerders wat Noordwes op Nasionale vlak verteenwoordig het.
Spelathon is pret en beslis ‘n hoogtepunt op ons kalender.
Me. Sharon Gouws
KENNIS IS IETS WAT NIEMAND VAN JOU KAN WEGNEEM NIE.
Ons Flinkdink is baie pret en alle graad 4 tot graad 7 leerders kan daaraan deelneem. Daar word weekliks vrae ontvang van Dawid van Lill, bekende Flinkdink aanbieder en dit brei ons Samies se algemene kennis uit.
Die leerders leer elke jaar omtrent 1000 vrae en antwoorde. Ons jaarlikse Flinkdink-aand vind in die derde kwartaal plaas vir die leerders wat hard gewerk het deur die jaar.
Finkdink – SUPER 12: Tydens die jaarlikse Super 12 Algemene Kennis word ons skool deur twee Graad 7 leerders verteenwoordig. Die leerders werk hard om ons skool se naam hoog te hou en hulle algemene kennis met almal te deel.
Flinkdink is harde werk, maar baie pret!!!
Me. Mariska Laubscher
Laerskool Saamtrek het ‘n gekombineerde koor van graad 1 tot graad 7-maats met ongeveer 55 lede. Die koorfees in Mei maand is altyd ‘n hoogtepunt op die kalender en ons neem aan verskeie kompetisies en die Eisteddfod deel. Die koor word ook gereeld genooi om saam met die Noordwes Kinderkoor op te tree.
Me. Retha Duminy
Laerskool Saamtrek het sy eie drama akademie waar ons maats die wêreld van toneelspel ontdek. Ons neem elke jaar aan die Musikon Eisteddfod deel waar ons drama-maats puik presteer.
Drama is groot pret en ons leerders leer hoe stemprojeksie reg te kry en met selfvertroue voor mense op te tree. Die spreekkoor is elke jaar ‘n hoogtepunt en groot pret!
Laerskool Saamtrek bied vanaf 2022 klasse in blokfluit en kitaar aan en ons leerders ontdek die wêreld van musiek!
Me. Petru Myburg
By hierdie geleentheid kry ons graad 4 tot 7’s die geleentheid om hulle siening oor spesifieke onderwerpe te lewer. Dit vind gedurende die derde kwartaal in Augustus plaas. Dit is ‘n prettige aand wanneer ons ouers en grootouers sit en luister hoe hul kinders in hul eerste addisionele taal praat.
Ons beoordelaars is gekwalifiseerd en gee op hul eie humoristiese manier terugvoer wat altyd hoog op prys gestel word. Hierdie geleenteid vind op twee verskillende aande plaas as gevolg van die groot aantal deelneemers.
Me. Esmé Martin