Sport

Laerskool Saamtrek bied verskeie sportsoorte aan en neem op liga en provinsiale vlak deel. Ons neem ook aan die Super 12-reeks deel.

Sport Oorsig

Sport Oorsig

Laerskool Saamtrek bied verskeie sportsoorte aan en neem op liga en provinsiale vlak deel. Ons neem ook aan die Super 12-reeks deel.

Krieket

Krieket

By Laerskool Saamtrek word meer as net krieket aangebied! Saamtrek neem deel met o/9-, o/10-, o/11- en o/13-spanne.

 

Liga wedstryde word gedurende die derde kwartaal gespeel en uitspele teen verskeie skole in Potch, Brits en Rustenburg word die vierde kwartaal afgehandel.

 

Buiten die liga vorm Laerskool Saamtrek deel van die SUPER 12- reeks waaraan net die top laerskole in die land deelneem. Samie krieketers ontvang ook geleentheid om die jaarlikse Konka-toer by te woon.

 

Spelers kan ook betrokke raak by die krieket akademie wat 12 maande per jaar aktief bedryf word met gereelde wedstryde en individuele afrigtingsessies in alle aspekte van krieket.

Kom loer gerus na ons spog krieket fasiliteite of kontak Hermann Venter 0829061819 vir meer inligting.

Organiseerders

Mnr. Hermann Venter

Saamtrek Laerskool - Sport - IMG 8597 1
Fietsry

Fietsry

Fietsry is ‘n nuwe en opwindende sportsoort hier by Laerskool Saamtrek. Fietsryers kan NW-kleure verwerf indien hul individueel by NWSC geregistreer is en neem deel aan interprovinsiale byeenkomste.  Erkenning word gegee by die jaarlikse prysuitdeling. Byeenkomste word in skoolverband aangebied.

 

Kategorieë waarin deelgeneem word, is:

  • Sub-Nipper Seuns (7 – 8 jaar)
  • Sub-Nipper Dogters (7 – 8 jaar)
  • Nipper Seuns (9 – 10 jaar)
  • Nipper Dogters (9 – 10 jaar)
  • Sprog Seuns (11 – 12 jaar)
  • Sprog Dogters (11 – 12 jaar)
  • Sub-Juniors (13 – 14)

Organiseerders

Me. Carin v.d. Wal | Saamtrek Sameroepster

Saamtrek Laerskool - Sport - IMG 8515 1
Tweekamp en Driekamp

Tweekamp en Driekamp

Laerskool Saamtrek bied met trots die geleentheid vir leerders om aan twee- en driekamp deel te neem. Ons atlete is bevoorreg om uitstekende afrigting te ontvang.

 

Driekamp word in drie bene beoefen nl. swem, fietsry en hardloop. 0/12-0/13 atlete neem deel in die Sprint afdeling wat bestaan uit ‘n 400m swem, 10km fietsry en 2.5km hardloop.


Tweekamp bestaan uit hardloop en fietsry. Atlete tot 0/12 neem deel aan die Super Sprint wat bestaan uit 400m hardloop 3km fietsry en 400m hardloop. Die 0/12 & 0/13 ouderdomsgroepe neem deel aan die sport afdeling wat bestaan uit 2.5.km hardloop, 10km fietsry en 1.25 hardloop. Die ouderdom kan in aanmerking kom vir Noordwes kleure.

 

Daar word vanaf September tot April byeenkomste per maand aangebied en uit al die byeenkomste word ‘n span saamgestel wat aan die S.A.-byeenkoms kan deelneem.

Organiseerders

Romke de Jongh

Saamtrek Laerskool - Sport - Romke de Jongh
Rugby

Rugby

Rugby lê vir ons by Laerskool Saamtrek baie na aan die hart. Saamtrek is ‘n skool met ‘n ryke rugbytradisie en geskiedenis. Ons is baie trots daarop dat ons op interprovinsiale vlak aan die Super 12 deelneem, sowel as aan die Luiperds Grootskole-liga.

 

Laerskool Saamtrek neem verder ook deel aan Welpie-rugby en beskik ook oor verskeie 0/6-, 0/7- en 0/8-spanne.

 

Die doelstellings van rugby by Laerskool Saamtrek is:

  • Om by elke seun die liefde vir die spel rugby te kweek.
  • Om leerders se vaardighede en potensiaal t.o.v. rugby te ontwikkel.
  • Om goeie sportmangees te ontwikkel by die spelers.
  • Om gebalanseerde sportmanne te ontwikkel.
  • Om rugby op ‘n volgehoue hoë standaard af te rig.

 

Samies-rugby is TOPS!

Organiseerders

Mnr. Marc Campher

Saamtrek Laerskool - Sport - IMG 8636
Netbal en Mini-Netbal

Netbal en Mini-Netbal

By Laerskool Saamtrek word netbal met passie afgerig en daardeur presteer ons spanne tot op die hoogste vlak. Ons spelers presteer op individuele vlak deur Noordwes-spanne te haal en ons spog jaarliks met verskeie spelers wat ons skool se naam hoog hou.

 

Ons bied jaarliks ‘n sessie met afrigters van die Noordwes Universiteit aan wat ons spanne aan die nuutste vaardighede blootstel. Ons speel in die Noordwes A-liga en ons presteer baie goed. Mini-netbal word aangebied vir leerlinge van graad 1 tot graad 3. Dogters kry die geleentheid om op ‘n informele wyse blootgestel te word aan netbal. Ons poog om vier spanne saam te stel en hulle neem aan vriendskaplike wedstryde deel.

 

Alhoewel ons 0/9-spanne ook nog mini-netbal speel, stel ons hulle bloot aan vriendskaplike wedstryde saam met die liga-spanne.
Vanaf 0/10 neem ons aan die Noordwes-liga en die Super 12-reeks deel. Ons 0/11- tot 0/13-spanne kan deurdring na die Noordwes-kampioenskappe. Vanaf 0/12 kan dogters aan die Noordwes- proewe deelneem en in die onderskeie Noordwes-spanne opgeneem word.

Organiseerders

Me. Daneska Nel

Saamtrek Laerskool - Sport - IMG 8536
Hokkie & Mini-Hokkie

Hokkie & Mini-Hokkie

Laerskool Saamtrek het ‘n Hokkie-akademie onder leiding van Mnr. Dallas Noble wat fokus op die ontwikkeling van graad R tot graad 3 spelers.

 

Die akademie is die hele jaar aktief en die spelers neem in die derde kwartaal aan toernoeie deel. Van vroeg af leer ons maats van balbeheer, stokwerk, baanplasing en die belangrikste – om die sport te geniet!

 

Ons senior spanne neem elke jaar aan die Nordwes-liga deel wat in die die derde kwartaal plaasvind. Ons het drie liga-spanne, nl. Dogters 0/13A, Dogters 0/13B en Seuns 0/13A. Ons spelers neem jaarliks aan die individuele Noordwes proewe deel en ons het gereeld spelers in Noordwes-spanne.

Organiseerders

Me. Karen Steenkamp

Saamtrek Laerskool - Sport - IMG 8565
Gholf

Gholf

Gholf is ‘n baie aktiewe sportsoort by Laerskool Saamtrek wat deur beginners sowel as gevorderde spelers beoefen word. Ons het drie proewe rondes deur die jaar om seker te maak dat die spanne wel korrek uiteengesit word.

 

In die tweede kwartaal neem ons aan die Noordwes been van die Ernie Els Gholf Laerskole toernooi deel. In die derde kwartaal vind die Nasionale Ernie Els toernooi plaas. In die derde en vierde kwartaal neem ons in die Noordwes-liga en Super 12 toernooie deel. Saamtrek lewer elke jaar talle Noordwes spelers op. Ons gholfakademie bied afrigting vir junior en senior spelers.

Organiseerders

Mnr. Chris Wiggett

Saamtrek Laerskool - Sport - IMG 8496
Landloop

Landloop

Samies landloop skitter en ons is baie trots op ons atlete wat puik presteer op nasionale vlak. Laerskool Saamtrek is baie trots op Rubin Essakow wat tydens die ACNW se jaarlikse atletiek-toekennings vir 2021 as Laerskole Landloop Atleet van die Jaar aangewys is.

 

Rubin verwerf die toekenning op grond van sy eerste plek wat hy behaal het tydens die S.A. Landloop Kampioenskappe in 2021. Ons landloopseisoen skop af in die tweede kwartaal met oefening, verskeie liga’s en die S.A. Kampioenskappe in September van elke jaar. Ons neem ook jaarliks in spanverband deel aan die Super 12 by Konka te Rustenburg.

 

Die landloop is baie goeie voorbereiding vir die atletiekseisoen wat in Augustus begin. By Samies landloop kry elke atleet die geleentheid om individueel en in spanverband sy staal te wys. Alle graad 1 tot graad 7 leerders is welkom om by ons langasems aan te sluit!

 
 

Organiseerders

Me. Johanni de Jager

Saamtrek Laerskool - Sport - IMG 8548
Skaak

Skaak

Skaak is ‘n wonderlike sport waar u kind leer om te dink, vooruit te beplan en om strategies te redeneer. Skaak versterk u kind se geheue en wiskundige vermoëns.

 

Hier by Laerskool Saamtrek stel ons die kinders van Gr.R af bloot aan skaak en klasse is gebasseer op die kind se vaardigheid. Ons Samies ontvang professionele afrigting van mnr. Janus Labuschagne en dit geskied op Maandae en Woensdae.

 


Laerskool Saamtrek neem in Mei-maand aan die Super 12-reeks deel en in die tweede en derde kwartaal aan liga-wedstryde.

Organiseerders

Mnr. Barend Pretorius

Saamtrek Laerskool - Sport - IMG 8449
Atletiek

Atletiek

Wat maak Saamtrek se atletiek so ongelooflik?

 

  1. Uiters professionele afrigters
  2. Entoesiasme
  3. Deurlopende oefenprogramme
  4. Kondisionering-afrigting

 

Buiten die gewone skole-liga neem ons ook aan die Super 12-reeks deel, waarons atlete uitstekend presteer.

 

Samies se atletiek is van hoogstaande gehalte, en daarvan getuig ons pragtige prestasies.

 

Ons spog met talle medaljes op SA-vlak en ons afrigters sluit SA-afrigters in  waarvan party op hul dag self SA- atlete was. By Saamtrek is elke atleet belangrik! Kom word deel van ons familie!

Organiseerders

Me. Annelize de Klerk

Saamtrek Laerskool - Sport - Saamtrek Photos 13